Kaartjies en info vir Vanderbijlpark onder

parallax background

Ek word stil.
Ek word stil as my siel onder jou voete soos 'n oop, omgeploegde land lê.
Jy met jou musiek soos reën oor my...
Met 'n Kaleidoskoop van kleur laat dit iets wat versteek is binne my uit sy nate bars,
en dan word dit skielik groen,
'n grasvlakte, 'n boom, 'n woud...
En ek word stil,
stil tevrede as my siel te midde van jou melodieë ontkiem.

MUSIEK SOOS GROND is die heel eerste van sy soort in die land en die kunstenaars wat betrokke is by die projek, is almal mense met dieselfde hart vir musiek wat as gevolg van ’n sameloop van omstandighede paaie gekruis het. Die konserte is daarop gemik om vir kontemporêre kunstenaars ’n platform te gee om hulle hoendervleismooi lirieke, lewensverhale en veelsydigheid op die verhoog met gehore te deel.

"Dit broei al ‘n paar jaar in my hart en is ‘n voorreg om die pad te kan stap saam met hierdie dinamiese groep kunstenaars” - Rupert van Vuuren.

Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Len Muller, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds deel almal die verhoog en voer nie net hulle eie verwerkings op nie, maar maak saam musiek deur mekaar se liedere op te voer en te begelei.

Mense in die gehoor, by konserte, is soos grond is waarop musiek val. Elkeen ervaar dit anders en uit daardie belewenis groei daar iets uniek. Daarom wil ons by elke vertoning ’n afwagting, eerder as ’n verwagting skep, sodat almal saam met ons kan kom ervaar hoe die aand uitdraai. Vertonings het ’n baie vloeibare formaat en kan hopelik ’n geleentheid skep vir luisteraars om weer die dieper aspekte van musiek en lirieke te waardeer.

LUGBALLON is die kunstenaars van Musiek Soos Grond se eerste gesamentlike enkelsnit. “Ons is almal saam met ’n groep mense op reis deur die lewe. Maar wat sien jy wanneer jy van bo af kyk? As jy in ’n spesifieke situasie is, voel jy soms oorweldig. Wanneer jy dit egter van bo af ervaar, lyk jou probleme klein en kan jy die positiewe raaksien. Daar is baie negatiwiteit in ons land, maar as ons bereid is om dit uit ’n ander hoek te beskou, sal ons sien hoe mooi dit is en hoe ons soms die mooi in ander mense mis.”

Musiek Soos Grond - Vanderbijlpark


6 Augustus 2019 (Dinsdag)

Hoek Van Ravel- & Abrahamstrate Mantevrede, Vanderbijlpark, 1900



Kompas Gemeente

Tyd: 18:00
R150 per persoon
Bespreek: 016 004 0016/liza@kg.org.za

Vir media navrae

Alishia van Deventer

alishia@starburstmusic.co.za
083 635 4717